Dis hard, maar dis feite.
Die lewe skuld jou niks.
Baie mense het die houding van "die lewe skuld my iets."
Selfs God skuld jou niks.
Dit sal goed wees as jy dit gou leer en aangaan.
Die lewe skuld jou niks, en God skuld jou niks.
Maar,deur die Here se genade,
hoef ook óns nie meer in skuld te leef nie.
Hy het al óns skuld betaal.
Daarom leef ons vir Hom en voer Sy opdragte uit.
Daarom sê Hy in Lukas 17:10:
"So is dit ook met julle:
as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is,
sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie.
Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen."
Ons skuld eintlik vir Jesus alles!
Ons kan net terugleef vir Jesus.
Uit dankbaarheid dat Hy al óns skuld betaal het!
Ons kan net onsself gee.
Dit is die sin van die lewe.
Die lewe skuld jou niks.
Helen Keller het gesê:
“Gebruik vandag jou oë asof jy môre gaan blind word.
Luister na musiek asof jy enige oomblik jou gehoor kan verloor.
Ruik die geur van blomme.
Geniet met oorgawe dit wat jy kan eet.
Asof jy nooit weer sal kan ruik of proe nie”
So sal jy ook meer en meer waarde aan alles heg in jou lewe!
Begin self lewe!!
Ernest
Moenie die lewe mis nie!
- Details