Hoe kan ons die geheimenis van God verstaan?
Wat nodig is, volgens Sy volmaakte wens.
In Sy Woord het Hy dit alles neergeskryf.
Met die Heilige Gees wat dit vir ons vertaal.
Met begrip en wysheid kan ons dit verstaan.
Met ons verstand kan ons dit nooit verwerk.
Op ons hart se tafel het Hy dit neergeskryf.
Om ons geloof in Jesus Christus te versterk.
Watter boodskap uit die Woord het ons gekry?
Vir ons skulde het Christus as mens gely.
Aan die kruis het Hy dan ook gesterf.
Uit die dood het Hy weer opgestaan.
Sodat ons Sy verlossing kan verwerf.
Hieruit ontdek ons die wonder van gebed.
Om weer en weer met God te kan praat.
Om Sy belange; ons behoeftes een te maak.
In dankbaarheid Hom te dien, loof en eer.
Vir Sy skeppingsliefde vir die mens.
Deur Sy Seun het Hy sy kinders opgeroep,
om Hom deur Christus in gebed te ontmoet.
Dit is die skeppingsrede,
vir die bestaan van die mens.