O Heer, U Skeppingswonder die Natuur.
Bome, bosse en plante lower groen,
grasse, veld en vleie in die seisoen.
So voorsien die Skepper Heer in Sy skuur,
voedsel vir mens en dier,
vo?ls in vlug en visse in die see.
O Heer, U Skeppingswonder die natuur
Gras en blare fluister met die wind,
'n lofsang; loof die Skepper Heer.
Die blommeprag in re?nboog kleur,
die blommeprag met mirre geur,
'n liefdeslied; tot God se eer.
Golwe en watervalle bruin,
helder strome skoon en rein.
Loof die Heer, wat die lewe gee.
U skeppingswonder; die natuur.