In gehoorsaamheid aan die Raadsplan van die Heer,
het Christus die Evangelie boodskap uitgedra.
Wonderwerk op wonderwerk deur Sy Woord en deur Sy hand.
In gehoorsaamheid aan Sy moeder wat vra.
Sy eerste wonderwerk; Kana se water na heerlike wyn.
'n Liefdesguns vir die huwelikspaar
en vreugde by die bruilofsmaal.

Met die brode van die seuntjie in Sy hand.
Christus se wonderwerk by die Galilea meer,
om mense duisende se honger te stil.
Ook die hemelse brood wat die lewe gee
deur Christus; Sy Vader se liefdeswil.

Christus; wyn in die beker en brood in die hand.
Met Sy dissipels in die bovertrek tesaam.
Neem dit! Dit is My liggaam en My bloed.
Die kruisdood se herdenkingsmaal,
met die gebruik daarvan, telkemaal.