'Ons'! Is die Vader, Jesus Christus en die Gees.
'Ons'! Is die almag Skepper God die Heer.
In donkerte oor water, bewend sweef die Gees.
Alles is vir Hom deur Hom geskape - Christus die Heer.

 

Oplaas volg die skepping van die mens.
Na Sy beeld, man en vrou, het Hy hul gemaak.
Om oor die aardse skepping te kan waak.
Dit was God se laaste skeppingswens.

 

Helaas teen God se beeldnis wil.
Oorval die sonde tog die mens,
uit ongehoorsaamheid, in eie wil.
Oorval die straf van sonde ook die mens.
In oorgang van die lewe na die dood.