Genade, 'n geskenk van God aan die mens.
In dankbaarheid ontvang die mens dit verniet.
Dit is ook God die Heer se wil en wens.
Van dag tot dag is die genade steeds daar.
Elke asem, elke daad maak die genade waar.
Die genade van oneindige liefde en geloof.
vanaf die skepping het die Here dit beloof.
Genade geskenk teen 'n ongehoorde prys.
Duur gekoop deur Sy lyding aan die kruis.
Ons denke en gedagtes aan Hom te wy.
Deur Sy genade die sondeval te bestry.
Vrede en vreugde in ons lewe te verseker.
Genade kan dit van dag tot dag verbeter
Deur genade lewe ons onder Sy beskerming.
Is ons seker van die Heer se ontferming.