Wie kan die diepte van God's Skepping peil?
Soos die golwe van die see, elkeen op eie baan,
rol een vir een bruisend teen rots en sandstrand aan.
Soos vanuit die diepte van die see, blywend blou,
stoot statig, die land, die berg omhoog,
kloof op kloof word sy wande ingevou
met kop aan kop, soos kinders by 'n voog
Tafelberg met skerp ge-etste kruin plato,
'n voetbank vir Sy hemeltroon.
Vanwaar Hy met alwyse blik van bo,
die diepte van Sy Skeppingswerk bekroon.
Wie kan die diepte van Godsgenade tot Sy Skepping peil?
Tafelberg
- Details
- Written by: Danie Steyn