Wie kan ooit God se almag meet?
Wie kan ooit verstaan wat Hy vooruit beplan?
Genadig egter, dis net God wat alles weet,
wat Hy, vir Sy verbondsvolk vooraf beplan.
Om 'n babaseuntjie van 'n wrede dood te red.
So te wil dat Farao's dogter die kleine kind.
Tussen die Nyl se riete, in 'n mandjie vind.
In 'n Paleis hom, as haar eie groot te maak.
Is hy voorberei, vir God se verlossingstaak.

Die taak om God se verbondsvolk te red;
uit ellende en slawerny se knellend band
en uit te lei, na die verbond se belofte land.
Uit die doringbosvuur, aan die berg se voet,
het God Moses, die eens geredde kind,
vir die vooraf beplande taak geroep.