As ek en jy die droomryk dag na dag betree.
Smelt minute, ure met sekondes stondig saam.
Dan is ons droombeelde tydig, deel van 'n aardse baan.
As ek en jy die namaalsryk finaal betree,
smelt maande, dae met jare duisend saam
en is ook ons namaalsbeeld, ewig deel van hemelbaan.