Gesien vanuit my aardse sondaarsbestaan;
hoe sou ek die oordeel van die Here verstaan?
vanaf Sy koms tot by die wederkoms van die Heer.
Wat sou ek uit die boodskap van die Bybel kan leer?
Die oordeel, is vanaf die begin, Sy koms, reeds daar;
Vir die gelowiges in Christus, geen oordeel meer.
Bevestig deur die kruisdood en opstaan van die Heer.
By afsterwe is alle gelowiges in Christus die Heer,
Saam met Hom in die hemel  verenig en regeer.
Hoe dit gebeur, word deur Christus beheer.
By die wederkoms verskyn dood en lewe voor Sy troon;
 vir die finale oordeel deur Christus die Koning en Heer.
Christene se toegang tot heerlikheid finaal bevestig;
in geloof het hul die ewige saligheid geerf.
Ongelowiges  vir ewig tot die doderyk veroordeel;
In ongeloof het  hul die ewige dood gesterf.