Vanuit die oewer en vallei en hoogland plato,
troon 'n rotswand hoog, enkel en alleen.
Laag op laag gemessel uit die oertyd van die tyd.
Staan dit brandwag oor die ingang van Sprokiesland.
Die Caledon klein vloei poel op poel aan sy voet.
Dan rotswande beeldend uitgebeitel
deur sneeu, water, wind en weer,
varendas, ogige holtes, kontoere vou op vou.
Daar waar Boskloof en Mushroom rock,
mekaar by Ecko Ravine ontmoet.
Tussen kranse hoog; skuil water vir mens en dier.
Die helder water van die klein Caledon rivier.
Die rotswande kwastig vloeiend getooi,
in goud en geel, oranje en koper rooi,
afgeets met donker strale van alg en roes,
Indrukwekkend groot, asemrowend mooi.
Majestieus en Grasieus.
Die kleurryke wonder van Sprokiesland.
Waar tam liggaam en gemoed vry en salwend kan stap.
Die salf wat God so vrylik gee;
op Sprokiesland se wandelpad.
Uiteindelik weer op plato omhoog,
wei blesbok en Ribbok, Sebra en Wildebees,
nekke gebuig en koppe omhoog,
in die Sprokiesland van Golden Gate.