Vanuit die woonstel verdiepings hoog,
met uitsig oor die strand, see en Apostels hoog.
Die water blou en diep en vlakker; helder groen,
waar golwe, sand vanuit die bodem woel.
Die branders, ry op ry met kruine skuimend wit,
op die gestrekte sand van die strand uitspoel.
Dit is die sand van Valsbaai se Strand.
Waar die mense rustig soos spikkels op die sand sit en lê,
ander weer lustig stap, speel en in die branders plas.
Branderplank reiers een vir een die golwe daag,
terwyl hul skuimend op die strand in jaag.
In die soele koelte van die aand,
wanneer die waterspieël op die sand,
die mense beelde sigbaar maak.
Die laaste strale van die son
die vlieswolke op die horison,
eers rooi, dan oranje en dan geel inkleur.
Aanskou die Skepingswonder van die Heer.
Die see se diepblou, groen en grou,
die fosforwit branders uitgerek,
met die donker van die nag versmelt.
Met nog net die Maan en sterre; koepelkroon,
vertel die waarheid, van God se Skeppingsdroom.