Vanaf Galilea stap Jesus en Sy dissipels die pad,
na Jerusalem, Jerusalem die Tempelstad.
Aangekom in die dorpie aan Olyfberg se voet.
Het Jesus Sy dissipels nader geroep.
Kry die donkievul in die dorpie hiernaas.

Na Jerusalem sit Jesus op die rug van die vul.
Is die profeet se woorde oor Sy intog vervul.
Op pad het die mense klere en palmtakke gelê.
Het die skare rondom Hom juigend gesing.
Loof en prys die Heer; eer die Hemelkoning.

Op die vul se rug sit Jesus droewig en huil,
oor die ramp en die lyding wat in Jerusalem skuil.
Maar op Hom wag 'n taak wat Hy moet voltooi.
Swendelaars uit die Tempelplein te gaan gooi.