In die donker ure van die nag.
Onder koepel van die sterreprag.
In die boot roei manne geduldig, gedwee.
Teen stormwind en golwe van die see.
Wyl op die berghangoewer van die meer.
In gesprek met Sy Vader; Christus die Heer.

In die skemerstilte van die oggend uur.
Sien hul hom wat op die golwe loop.
Manne in die boot, skree benoud uit vrees!
Dalk is dit 'n spook! Wat kan dit tog wees?
Kalm, rustig kom die stem van die Heer.
Dit is Ek. Vrees dan tog nie meer.

Op die watervlak stap Petrus , tree vir tree,
totdat twyfel en kleingeloof hom oorspoel.
Grypend na die Heer se uitgestrekte hand.
Veilig in die boot; stormwind en golwe bedaar.
geloof in die Heer se reddende hand.