Hoe kan ons die grootheid van God se genade verstaan?
Wie sal die diepte van God se liefde kan meet?
In Sy Woord het Hy vir ons 'n boodskap laat neerskryf.
Die getuienis daaruit stel ons as gelowiges instaat,
om die onverdiende genade van God beter te begryp.

Die genade wat God skenk:
Is dat Sy kinders altyd nederig moet lewe .
Dit onmoontlik is om Sy genade te verdien.
Om in God te kan glo, deur my eie wil en strewe.

Die genade waaroor God die Vader beskik:
Is die stuur van Sy Seun, Christus na die wêreld.
Hy het ons, self voor ons geboorte gekies.
Baie het Hy geroep om kinders van die Vader te wees.
As kinders, Hom te dien en in Hom die Vader te glo.

Die genade wat ons met Jesus Christus deel:
Deur Sy bloed is ons gereinig en gered.
Met verlossing vryspraak van alle sonde.
Deur Sy opstanding verseker van die ewige lewe
Met sy hemelvaart is die Heilige Gees aan ons gestuur.

Deur die genade van die Heilige Gees:
lewe ons van dag tot dag onder Sy sorg en leiding.
Deur Sy krag word ons gehelp in nood en lyding.
Deur Sy bystand gelei, om volgens die wil van God te bid.
Verseker Hy die vrug van die Gees in ons lewe.

Ons lewe as kinders vir nou en ewig deur die genade van:
God die Vader, God die Seun en God die Heilige gees.
'n Lewe in genade, deur genade, met genade en uit genade.