Vrydag 26 Februarie om 19:00 gaan ons weer pret hê met musiek.

Ken Die Klanke is 'n musiek spelletjie waar omgeegroepe (of enige ander ander groepe) teen mekaar kompiteer om te sien wie ken musiek die beste.

Dit word in die kerksaal gehou en inskrywings kos R400 per groep.

Groepe moet minimum 4 lede bevat en nie meer as 10 nie.

Jy kan ook as toeskouer kom teen R10 per persoon.

Kontak die kerkkantoor (012 567 3631; ngwonderboom@gmail.com)  vir enige navrae of indien jy 'n kaartjie wil koop.