Jy kan ook hierdie artikel in .pdf formaat aflaai (Kliek Hier!)

Moot Care Sentrum 084-927-NPO

Ons bring hulp en hoop

Kantooradres: Ben Swartstraat 688 Posadres: Moot Care Sentrum Tel: (012) 330 0632 (faks)

Rietfontein 16de Laan 615 Sel: 071 480 1178

Pretoria Rietfontein E-pos: mootcare@vodamail.co.za

0084 Web: www.mootcare.co.za

Goeie dag Almal

2012 Het met 'n spoed begin! Welkom terug aan elkeen. Mag 2012 gevul wees met liefde en ons Hemelse Vader se genade.

Hier in die Moot Care kantoor word reeds vir 'n geruime tyd beplan en gewoel oor 'n hele paar groot veranderinge wat in 2012 geïmplementeer word. Ons het elkeen se insette en gebede nodig om die jaar suksesvol te groei. Ons fokus bly steeds ommense in nood by te staan en hul hoop te gee vir die pad vorentoe. Werkskepping is baie hoog op die prioriteitslys vir die jaar. Wanneer 'n mens kan werk, val baie ander uitdagings weer in plek.

Hiermee 'n paar algemene notas om deur die jaar ingedagte te hou. Hou egter die spasie dop vir verdere aankondigings.

Moot Care se webblad het 'n paar nuwe fotos - www.mootcare.co.za gaan loer gerus in! Datums is ook op die kalender beskikbaar!

Berading

Om gebroke mense te help, bied Moot Care gratis berading. Baie mense klop aan vir berading en goeie terugvoer word ontvang. Die nood groei sterk en daarom wil Moot Care graag 'n groep bymekaar kry wat belangstel om 'n kort beradingskursus te doen. Die doel is om 'n span beraders te ontwikkel wat die beradingspan kan versterk. Kontak asb Dr Jan Botha of die Moot Care kantoor vir meer info.

Bemagtiging in 2012

Opleiding en toerusting is baie duur en baie mense wil graag meer vaardighede aanleer maar kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Moot Care ondersteun mense graag om hulself te bemagtig. Borge word dikwels benodig om mense te kan ondersteun. 'n 1ste Kursus in Lewensvaardighede word beplan vir 4 Februarie. Roelf Schoeman bied die toerustingsgeleentheid aan van 09:00 – 11:00 by Moot Care Sentrum. Registreer asb. by 012 330 0632, 'n Donasie word verwelkom.

Jakob se Put

Die ondersteuningsgroep vir werksoekers vind elke Donderdag om 08:15 by Moot Care plaas. Die nood word weekliks groter. Indien jy bewus is van enige vakatures, laat weet ons asb.

Hospitaalbediening

Die Hospitaalspan het jou hulp nodig! Die spanne doen wonderlike werk by Moot- en Eugene Marais Hospitale. Hul kom een maal per maand bymekaar om te gesels en stories met mekaar te deel. Gereelde opleiding word ook verskaf. Kontak gerus Retha 082 413 8462

Klereprojek

Mansklere en skoene is 'n groot behoefte. Nuwe vrywilligers is ook altyd welkom om te kom help. Ons ontvang baie klere wat uitgesorteer moet word. Ons hou ook gereeld verkopings om weer fondse te bekom om kos aan te koop. Indien jy belangstel om op die manier by Moot Care betrokke te raak, kontak gerus Anne by 072 348 2374

Behuising

Die nood ten opsigte van behuising word daagliks meer kritiek! Mans, vroue, maar ook gesinne klop gereeld aan Moot Care se deur. Ons harte gaan uit na die mense in Nood, maar op die stadium is daar geen plek in die Moot nie. Die paar plekke wat wel in die Moot beskikbaar is, is vol. Bid saam met ons vir uitkoms in die verband.

Fondse

'n Hele paar interessante projekte word vir die jaar beplan…. Neem deel en ondersteun ons inisiatiewe
Die Cartrigeprojek het goed geloop deur die jaar en ons vra jul om steeds die leë cartridges vir ons te stuur.
Die herwinningsprojek skenk weer fondse aan Moot Care vir werksoekers.

Moot Care bedank almal wat op 'n manier ons arms sterker maak - benodig die volgende:
· Goeie werkende selfone - baie van die werksoekers het nie selfone nie, en kan dus nie bereik word nie.
·
Borge vir werksoekende mense om projekte mee te begin.

Bring Hulp en Hoop saam met ons; en bou so saam aan 'n gesonder gemeenskap.
______________________________________________________________________________________________________
Kantooradres: Ben Swartstraat 688 Posadres: Moot Care Sentrum Tel: (012) 330 0632 (faks)
Rietfontein 16de Laan 615 Sel: 071 480 1178
Pretoria Rietfontein E-pos: mootcare@vodamail.co.za
0084 Web: www.mootcare.co.za