Boerewors, pannekoek, hamburgers, kerrie en rys, lekker goed, pret, vriende en vermaak! Dit is weer tyd vir NG Wonderboom se jaarlikse dankfees. Tydens die dankfees dink ons aan hoe die Here ons geseën het en vier dit met 'n fees van dankbaarheid!

Met verskeie stalletjies, kaskaresies, dansgroepe, sangers, en kindervermaak is die fees verseker om 'n vreugdevolle geleentheid te wees!