Dit is weer tyd vir ons gewilde jaarlikse kersmark. Die uitstallers pak Maandag 24 Oktober 2016 vanaf 14:00 uit. Die mark open Dinsdagoggend 25 Oktober 2016 om 11:00 en sal oop wees tot 3 November 2016 om 14:00 vanwaar opruiming sal plaasvind.

Die mark vind plaas in die kerksaal. Na afloop van elke dag sal die saal gesluit word en die alarm geaktiveer word om sover moontlik veiligheid te verseker. Geen betaalde tafels sal terugbetaal word in geval van kansellasie of onttrekking weens watter rede ookal nie. Daar mag ook nie vroeër as die gegewe tyd opgepak word nie.

Tafels se verkope wat vir die tydperk minder as R500.00 beloop sal hulle geld ontvang na afloop van opruiming. Tafels wat meer as R500.00 vir die tydperk verkoop het, se geld sal per internet betaling geskied.

Huurgeld beloop R300.00 per tafel.

Navrae: Kerkkantoor 012 567 3631, 082 829 2062, e-pos adres: ngwonderboom@gmail.co.za. Faks nr: 086 765 1357

Om 'n stalletjie te registreer laai die registrasie vorm (.pdf) af, vul dit in en stuur dit na ngwonderboom@gmail.co.za of neem dit direk na die kerkkantoor. Registrasievorms is ook beskikbaar by die kerkkantoor.