Ons sien uit na die 4-bal Gholfdag wat ons gemeente Donderdag 27 Julie aanbied by die Akasia Gholfbaan. Groot dank aan Andre Botha en sy span vir al die reëlings hiervoor.

As jy nog nie ingeskryf het nie, moet jy spring om nie die unieke geleentheid mis te loop nie! Dit is altyd ‘n heerlike dag met baie pryse om te wen, heerlike kos en drinkgoed, goeie gholf en aangename samesyn.

Skakel Ninette Barnard (082 829 2062), An-Marie Swanepoel (082 940 7768), of Andre Botha (082 321 3439) vir enige navrae.

Inskrywingsvorm
docx