Dis weer tyd vir Where In The World Is Wallie!
Hierdie jaar gaan ons Groot! Ons soektog neem ons deur Pretoria se middestad en omliggende gebiede. Ons gaan uitkykpunte, museums en standbeelde besoek. En tussen die gesoekery deur gaan daar verskeie 'missies' wees wat voltooi moet word.
Gedink jy ken al die landmerke in ons stad? Kom wys jou staal!
Bring jou familie, nooi jou vriende of daag ander omgeegroepe uit, maar kom moet jy kom!
Vanjaar doen ons weg met die dolle gejaag. Die doel is om rustig al die punte te besoek, die leidrade op te spoor en pret te hê. Die span wat eerste klaar maak gaan nie noodwendig die wenspan wees nie.
Elke deelnemer kry vanjaar 'n medalje, en die wenspan kry 'n trofee.
Later gaan ons die dag afsluit met 'n bring en braai by die Boma.
Datum: |
4 Mei 2013 |
Wegspingtyd: |
12h00 |
Inskrywingsfooi: |
R20 P/P |
Addisionele Fooie: |
Verskeie museums gaan besoek word. R40 P/Kind & R85 P/Volwasssenes sal voldoende wees. |
Benodighede: |
GPS!!!!, Kamera / selfoon wat foto's kan neem. Skryfgoed |
Afsny Tyd: |
As die spanne teen 17h30 nog nie by die laaste punt is nie, moet hulle terugkeer na die kerk. |
Reëls: |
Om vir almal kans te gee om deel te neem moet elke 'event' deur 'n ander spanlid afgeneem word. |
Sien julle daar!
Groetnis
Wallis