KONINKRYKSFOKUS-TERUGVERSLAG:

Ons deelname aan die NG Moedergemeente, Warmbad se sendingweek.

Die mees uitstaande en verbasende belewenis daar was om te sien hoe 'n klein groepie gewillige Dissipels van Jesus 'n baie groot impak op die Moslem-gemeenskap daar maak. Wel nie groot in getalle nie, maar dat 'n hele aantal bekeerlinge reeds onder hulle sorg in 'n dissipelskap-program opgeneem is, is 'n deurbraak waarvan mens gewoonlik net hoor. Dit het my geloof baie versterk en bemoedig. Die saad van die evangelie ontkiem en groei. PDH

Ons was egter eintlik daar vir die Koninkryksfokus-seminaar;

Elke keer wat ek dit aanbied, raak ek meer opgewonde oor die strategieë wat daarin gedeel word en besef dis ’n baie effektiewe hulpmiddel om gemeentes te help om hulle uitreik-bediening op ’n nuwe dinamiese koers te plaas.
Sommige reaksies van enkele seminaargangers:
* "Dankie, vir ’n inspirerende week! Opnuut uitgedaag en geleer hoe om meer betrokke te raak om deel van die insamelaars van die oes te word. Opwindend!"
* "Hierdie week het ek opnuut besef dat God elke gelowige wil gebruik en bekragtig met die outoriteit van die Heilige Gees om ’n lewende getuie vir Hom te wees."
* "My heart has been opened for missions! I feel for the lost people, many who never heard the name Jesus; The work is plenty, but the workers are few."
* "Veral die praktiese riglyne en bespreking van die Impakfees het vir my nuwe perspektiewe geopen. Ook die belangrikheid van gebed en die koördinering daarvan."

KF-logo

Koninkryskfokus jaarafsluiting:

Ons sluit ons jaar af op 7 Nov. tydens ’n leiersbyeenkoms by Kerksondermure waar die gemeentes wat tans betrokke is, deel oor hoe die dinge by hulle loop. Ons gaan ook ons nuwe kursus: Gawe- en Persoonlikheidsprofiele met die leiers deel en hoe om dit in ’n 40 dae program in kleingroepe te gebruik.
Ons begeer om die konsepte ook met nog meer ander gemeentes te deel. Kontak ons gerus! (Lees meer daaroor by Koninkryskfokus)

Nuwe Petra-Logo 2013

NAWEEKBESOEK en KORT UITREIKE na PETRA

Naweekbesoek: 21-23 Maart 2014

Kom neem deel aan ’n naweekbesoek aan Petra Instituut vir Kinderbediening en gaan beleef en ontmoet hulle personeel en leer meer oor Kinderbediening (Lees meer oor ons volgende besoek, 21-23 Maart 2014)
* Kontak Chris Visser vir meer inligting by 012-6542938; 082-9269364 of vischris@telkomsa.net

Tegniese hulp by Petra

Kom help met tegniese hulp met bou en herstelwerk by Petra op ’n datum wat jou en jou vriende pas. Klein groepe met spesialis- kundigheid of groter groepe vir algemene hulp word benodig (kyk na die lys behoeftes hier).
[O gaats! Sommige take vereis kapitaal om sekere materiaal aan te koop en Petra het selde ekstra fondse vir sommige meer groter bou- en herstelwerk beskikbaar en sulke projekte kan beteken dat ’n paar ekstra rande daarvoor moet saamgaan.]
* Bespreek dit alles met Tom Saayman by Tel 012-7511794, 082-8753421 of epos by tosigna@gmail.com en kom ooreen met ’n datum, verblyf (afslagtariewe by Petra se gastehuis of kamp met jou eie karavaan/tent) ens.

Meer oor Petra:

Bemarker benodig. Petra Instituut vir Kinderbediening werk die afgelope 25 jaar in 66 lande wêreldwyd en het die lewens van tienduisende kinders beïnvloed.
Petra Wes-Kaap benodig dringend ʼn voltyds/deeltydse bemarker met die oog op fondswerwing. Aansoeke sluit 7 Nov. 2013. Lees hier meer daaroor.
Lees ook Petra se nuutste nuusbrief met opwindende inligting.

ANDER KORTTERMYN SENDINGUITREIKE vir 2014

Koning Jesus, die Eén wat alle mag het, het in die sogenaamde Groot Opdrag gesê: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels”.
David Livingstone - "If a commission by an earthly king is considered a honor, how can a commission by a Heavenly King be considered a sacrifice?"
Almal kan nie maklik as voltydse sendelinge gaan werk nie, maar... ALMAL KAN OP ’n KORTTERMYN SENDINGUITREIK GAAN!
Om meer te lees oor...
* Wat is ’n Kort Uitreik?
* Het Kort Uitreike enige waarde?
* Geleenthede vir 2014 om ook aan Kort Uitreike deel te neem
Jy kan ook hier kyk na materiaal daaroor om gratis af te laai.
Gaan na http://www.vischris.com/2013/10/25/korttermyn-sendinguitreike-vir-2014/

Ufollo

Ontmoet Ufollo.net

Ek dien as 'n 'Caring Friend' vir die nuwe inisiatief van SAAWE, naamlik Ufollo.net. Dis ‘n selfoon-APP wat ten doel het om die evangelie maklik en eenvoudig te deel aan hulle wat nie normaalweg maklik en veilige toegang daartoe het nie. Besoek gerus die webwerf en kyk na die video’s asook die baie bruikbare lys van vrae/antwoorde wat jy selfs in jou bediening kan gebruik om moeilike geestelike kwessies te beantwoord.
WWW.UFOLLO.NET
Ek soek nou veral Gebedsondersteuners vir my betrokkenheid daarin. Ons taak gaan veral wees om ‘soekers’ wat navraag doen, per epos te dissipel.
Jy kan self ook as so ‘n Caring Friend dien. Doen gerus ook navraag.
Stuur asb 'n epos na vischris@telkomsa.net as jy meer inligting benodig.

Onthou om gereeld te gaan kuier by

Die Blog: KONINKRYKSFOKUS
Dit word voortdurend aangevul met nuwe inligting. Besoek dit gerus gereeld en gebruik wat jy daar kan vind vir jou bediening.
Die Facebook-Blad: KONINKRYKSNUUS-KINGDOM NEWS Daar word voortdurend nuwe aktuele inligting en materiaal geplaas om gelowiges te bemoedig en in die bediening te gebruik

Om jou besonderhede op ons databasis te verander:
As jy enige wysiging aan jou inligting op ons Databasis wil maak, verander dit gerus self by "Manage your subscription"
Sien ook hieronder as jy hierdie nuusbrief wil "forward to a friend", self of ander wil "subscribe" of jouself wil "unsubscribe"

Koninkryksgroete
Vissers vir Christus en Koninkryksfokus,
Chris Visser
082-9269364

email facebook linkedin twitter wordpress