Kom vier saam met ons in Oktober ons gemeente se 60e verjaarsdag!

Die afgelope Sondag het ons na die erediens lekker harde koekies en drinkgoed geniet.

Komende Sondag, 13 Oktober geniet ons weer na die oggend erediens ‘n lekker sagte-verrassing-eetdingetjie met drinkgoed.

BY KOMENDE SONDAG 13 OKTOBER NOOI ONS OOK ALLE OUDLIDMATE (EN LERAARS) VAN DIE GEMEENTE UIT OM SAAM DIE EREDIENS BY TE WOON EN NA DIE TYD SAAM TE KUIER!

Op Sondag 20 Oktober gaan ons na die oggend erediens 60 ballonne met boodskappe vrylaat om ons dankbaarheid simbolies na die gemeenskap uit te dra.

Op Sondag 27 Oktober vier ons saam Lofofferfees met ons gemeente se 60e verjaarsdag!

Dan het ons na die oggend erediens ‘n “BRING EN EET” by die Boma. Ons nooi almal uit om jou eie kampstoele en tafeltjie, eetgerei, kos en drinkgoed te bring en lekker saam op die terrein uit te span!... en te ontspan!