Liewe Paul en Daleen

Ons deel vandag met julle as gebedsvriende en voorbidders ’n ernstige saak vir gebed:  Ons is nou net meer as een week terug in ons klein bos-dorpie en ons kan reeds die geestelike las of donkerheid aanvoel.  Die tyd in Suid-Afrika was verfrissend en ons het uitgerus teruggekom, maar hier voel ons dadelik weer die geestelike donkerheid aan.  In ons omgewing is daar geen Yao gelowiges nie en almal leef in duisternis.  Die duiwel is natuurlik ook nie gelukkig met ons wat die Lig bring nie.

Die effek hiervan op ons is moeilik om te verwoord:  Ons weet nie altyd wat die oorsprong van sekere gevoelens of probleme is nie, maar ons weet dat waar ons bly, ’n harde grond is wat vir die oes voorberei moet word.  Soms weet ons nie wat ons te doen staan nie; ander kere voel ons so magteloos of onkapabel; ander kere geestelik droog…

Daarom vra ons dat julle spesifiek saam met ons sal bid vir hierdie situasie.  Ons is oortuig dat dit slegs in die geestelike realm oorwin sal kan word en daarná in die fisiese.  Bid dat:

  • die Here ons sal help om geestelik vas en sterk te staan; dat ons sy stem duidelik sal hoor.
  • God ons sal beskerm teen elke geestelike aanval van die bose.

Dankie dat julle saam met ons sal bied hiervoor! Mag die Here julle ook lei en seën!

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan

Tel in Moz: 00258 2694 0016

Sel in Moz: 00258 86 493 5360 / 00258 86 9502184

Alfred.Paetzold@sim.org