Laai die inskrywingsvorm af (pdf)


Ons reik uit...

1. Wie?

Debeon/ Jongmense van Wonderboom

2. Waarheen?

Petra Kollege te Witrivier - dit is 'n Kinderevangelisasie-opleidingskollege wat ook betrokke is by die plaaslike gemeenskap.

3. Wanneer?

31 Maart - 5 April

4. Waarom?

Om die Here gelukkig te maak en Petra in Sy Naam te dien.

5. Wie moet ek vra?

Dr. Nelius Steyn - 078 196 9000

6. Wat kos dit?

R500 per persoon - betaal saam met vorm of praat aas daar kontantvloei probleme is, dan kry ons 'n borg...

7. Wat moet ek saambring?

  • Karaktergoed
    • Energie en entoesiasme.
    • Geloof, liefde en getuienis
  • Eetgoed
    • Eetgerei en snoeperye
  • Lees en skryfgoed
    • Bybel, pen en papier
  • Dragoed
    • Gemaklike dra - werksklere
    • Meisies ook rompe en rokkies asb.
    • Swemklere en handdoek.
  • Drink en smeergoed
    • Muskietafweermiddel
    • Persoonlike medikasie (ons moet weet as jy op spesifieke medikasie is asb.
    • Hoed
    • Sonbrandgoed
  • Wasgoed
    • Persoonlike toiletware (was-, afrdroog- en tandegoed]
    • Asook vadoek/sponsie vir skottelgoed.
  • Slaapgoed
    • Slaapsak
    • Kombers
    • Kussing
  • Ander goed
    • Flits
    • Stem
    • Kamera
    • Musiekinstrument
    • hope avontuurlus
    • en 'n leerbare gees...