Laai pdf af (Met foto's)

Baie dankie vir soveel wat getrou bid.

Terugvoer oor Lezi, Maria en Manuel dos Santos: Almal van hulle het bevredigend gegroei in hulle verstaan van verlossing. Lezi sukkel nog ’n bietjie weet nie of haar verlede met haar spook nie (sy is gedurende die oorlog ontvoer en gedwing om aan die rebelle kant te veg).

Nuwe versoeke:

Albei ons onderwysers wat die laasste deel van die kursus oor geestelike lewe moet aanbied, beleef krississe.

Bid asb. vir Pedro en sy familie. Hulle beleef tans ’n hele rits krisisse in die familie (hy het erge rugprobleme ontwikkel, ’n broer wat by hulle woon het psygoties begin raak – moontlike toorderyen ’n ander broer se vrou wat by hulle bly sukkel na ’n miskraam).

Carlito wat saam met hom moet klas gee se kind het verbrand met warm water hulle moet volgende week begin klas gee Bid vir berskerming, vir genesing en kalmte van gees.

Soos gewoonlik wys sommige probleme hulleself eers in die 2de maand van so saamleef op dieselfde werf.

Judite Filipe is een van die ouer vroue op die kursus. Daar het konflik ontstaan tussen haar en ’n ander student. Die groter probleem is egter trots wat maak dat die probleem nie uitgesorteer kan word nie. Bid vir haar vir ’n nederige hart en ’n leerbare gees. Bid ook dat kopkennis na die hart sal gaan.

Pedro (student) sukkel baie met sy gesondheid. Bid dat die probleem uitgesorteer sal word of dat, indien dit ’n geestelike wortel het, dit gevind sal word. Hy en sy vrou, Gilda, wil graag met die 3jaar kursus aangaan. Gilda vaar uitstekend en is baie leergierig. Bid dat hulle sal vas staan onder die moeilikheid.

Seënwense
Willem & Carol