Baie dankie vir elkeen wat dit vir my moontlik maak om hierdie jaar Ritmejaar te doen! Ek wil graag vir julle so elke nou en dan ‘n verslaggie skryf oor wat ons doen en leer.
Ons het Saterdag 1 Februarie in die kommune ingetrek. Ons is sover net 4 studente, maar daar gaan nog deur die jaar student by kom. Ons bly in n groot huis saam met ons huismoeder Wassi, ons oppaser Jembe (‘n groot Gray Dane) en ook ’n goeie vriend wat help met die huur van die huis.
Ons is Sondag 2 Februarie voorgestel aan een van die gemeentes waarby ons gaan betrokke wees nl. NG Gemeente Skuilkrans). Maandag het ons opleiding gekry om Bybel klassies aan te bied. Elkeen van ons het ons eie Gr. 2 klassie elke Dinsdagoggend. Ek gee by Laerskool Villieria klas. Ons help ook elke Donderdag uit by Laerskool Silverton se Huiswerkklasse. Ons het Woensdag vertrek op ons afskopskamp by Tamboti River Lodge en weer Sondag terug gekom. Ons het mekaar op n ander vlak leer ken.
Die dae gaan so vinnig verby want ons het so baie om te doen en so min tyd. Die res van die tyd is ons deel van die bemarking proses van die groot #Imagine fees. Ons besoek verskillende skole om Imagine te adverteer . Party dae doen ons net kantoor werk en moet ons al die mense bel en bevestig oor Imagine vergaderings wat op kom, ens. Natuurlik moet ons self dan ook die vergaderings bywoon, Dit raak nogal lank, Woensdag het ons sommer 2 vergaderings na mekaar saam met Louis Britzz gehad. Dis interessant om te sien hoe baie beplanning in so groot fees ingaan en hoe baie mense help met al die reëlings. Behalwe vir al die vegaderings en die skole wat ons moet besoek, is daar ook so nou en dan ‘n verrassing.
Ons het by RadioKansel aangekom en met n groot skok agtergekom ons elkeen het ‘n onderhoud in Engels op die radio. Ons het ook met die Gautrein Johannesburg toe gery en is bekend gestel aan een van die organisasies by wie ons gaan uithelp soos “Lets go Jozy”. Ons is ook betrokke by die organisasie “PEN”. Soos julle kan sien ry ons baie rond, maar ons het ook blokke wat ons by die huis doen.
Die een blok is “jou hart jou saak” waarin ons praat oor jou verhoudings en verlede en met watter perspektief jy dit sien. Dan het ons ‘n blok wat gaan oor die nuus. Hulle wil ons algemene kennis oor die wêreld vergroot sodat ons weet wat aangaan. Ons behandel ook sekere boeke soos: “10 People every Christian should know” en “Where is God when it hurts”. Die boeke verander nogals ‘n mens se siening oor sekere goed. Dan woon ons ook ‘n geakkrediteerde kursus van Tukkies (Sentrum vir kontekstuele bediening) by oor die leer en lees van die hele Ou en Nuwe Testament op Maandae-aande. Woensdae het ons dan ‘n Sepedi klas sodat ons met ander mense in Suid-Afrika ook kan kommunikeer.
Ons het ook 2 verskillende selgroepe wat ons bystaan. Sondae-aande na kerk het ons ‘n studente groep by NG Skuilkrans en Woensdae-aande het ons ‘n sel groep by Stella Straat gemeente. Ons is baie besig, maar dis vreeslik lekker en ‘n mens leer nogal baie. Verder moet ons self kos maak, die huis skoon hou, elke week kruideniersware gaan koop , ons groot hond Djembe versorg en oppas (of hy vir ons?).
Ek wil net baie dankie sê vir die geleentheid wat julle vir my bied. Ek sal altyd met dankbaarheid terugkyk na die jaar, en elke dag die dinge wat ek al klaar geleer het, gebruik. Dankie vir julle gebede en ondersteuning en mag julle ook elke dag die liefde en goedheid van die Here beleef en uitleef!
Groete
Elané Steyn
Ns. Skakel my gerus indien jy enige opmerking of navrae het. My selnr is 081 325 9554 en my epos elanetjiesteyn@gmail.com.