Laai hierdie nuusbrief in pdf formaat af (met foto's)

Terugvoer:

Die huweliks kursus het baie goed afgeloop. Daar word gereeld nog aangehaal uit die klasse – ’n teken dat die kennis hart toe gegaan het. Mateus & Pita vorder ook fluks met die Eksodus klasse.

Nuwe versoeke:

Bid vir die studente wat eersdaags op hulle eerste breuk huis toe sal gaan. Hulle moet as deel van tuis studie ’n
kinderevangelisasie groep begin, elke week ’n debatsgeleentheid reël en ’n dissipelskap groep begelei. Bid dat hulle
sal ervaar dat die Here deur sy Gees veel meer kan doen as wat hulle kan bid of dink.

Carol het weer begin met Engelse klasse: Saterdae met ’n klompie kinders van personeel en studente en Dinsdae middae met die studente en personeel. Daar word baie gretig geleer. Bid dat God se koninkryk ook hierdeur gebou sal
word.

Twee van ons oud studente, Sinolencio Mandlate en Armando Manusse, het op versoek van ’n boer in die Maputo
provinsie op sy plaas begin werk. Een is as kapelaan aangestel en werk elke dag saam met die werkers om verhoudings te bou terwyl die ander in die proses is om met die administratiewe take te help. Bid dat hierdie oop deur veel vrug sal dra in God se koninkryk. Ons hoor reeds mooi berigte van vrugbare werk in die gemeenskap. Bid asb. vir opbouende verhoudings tussen die boer en sy seuns en die twee manne.

Bid asb. ook vir Daniel. Die sleepwa met meer as ’n ton se sand het gister op sy voet geval. Ons het vandag laat X-trale neem en sal more ’n dokter gaan soek wat dit kan interpreteer. Dit sal ’n wonderwerk wees as niks gebreek is nie (5 mans kon beswaarlik die wa genoeg lig om die voet uit te kry)

Vir die wat wonder wat ons vir gesonde  ontspanning deesdae doen… so lyk die gym die jaar (die nuwe badkamer blok
vir die mans). Ons het hierdie week die fondasies begin grawe en hoop om die dak op te he voor die einde van Julie.

Dankie vir julle liefde en gebede!

Seënwense
Willem & Carol