Dagsê almal

Hier is Peet se nuutste gebedsbrief wat ek ontvang het. Daar was bietjie 'n vertraging so van die nuus is reeds geskiedenis maar ek gee dit graag vir julle deur om 'n idee te kry wat aangaan.

Mag elkeen van julle 'n wonderlike dag hê.

Francois
083 468 1015


Geagte Vriende

1.Malawi- kampus:

Deur die onbeskryflike genade van onse God en Vader, kon ons hierdie eerste helfte van 2014 deurdruk hier in Malawi.

Die groot uitreik na Karonga was veeleisend, maar baie geseënd. 638 mense het nuwe lewe in Christus ontvang. Ses "follow-up" groepe het ontstaan en baie mense gaan (D.V) vanaf 29 Junie tot 7 Julie daarheen om bekeerlinge te besoek sowel as om die "fellowship" groepe te bemoedig. Mag ons herinner word om vir hulle te bid.

Die naweek -uitreike is ook baie geseend. 547 mense het tot bekering gekom. 4 707 is bemoedig. 5 "fellowship"-groepe het ontstaan. In al vier gebiede is die Jesus-film vertoon. Dit is baie goed bygewoon, soms meer as 1,000 mense byeen. Sommige het hulle lewe aan die Here Jesus gegee. Sommiges het bevryding ervaar. Daar is vir siekes gebid.

Diploma-plegtigheid.

Sestien studente voltooi (D.V) hulle studies op 27 Junie. Hierby 'n kort getuienis van een van hulle.

The Great change in my Life.

I am Siren Mphaso Kamoto one of 2014 June graduates. When God called me I started ministering under young Christian Union which I opened in 2010. I had some struggles in preaching and Bible understanding. I had a chance to be educated under Sola Scriptura Malawi.

Starting from June 2011 I noticed a lot as  I am graduating this June 27, 2014 I have been equipped, empowered, and highlighted . So far I have known how to preach, teach and exposing scriptures. At first I was not able to train others to minister but so far I have abilities to equip others. I have been trained as a leader. I know how to lead a congregation and how to handle issues and different kinds of people. My vision is inspired. I got courage to go without doubt. My fear have been vanished.

Sola Malawi is helping Malawians called men and women. For example I was failing to attend Bible School because they are expensive. The fees in most schools is high. With Sola Malawi I have educated not only me but a lot of Malawians. Especial work for fees.

Practically  I have ministered to different places during school visitations every Monday. Hospital and prison visitation every Wednesday. Big outreaches once a year. These programs have helped me learn ministering to different groups of people according to their age, tribe, and languages.

The clothes which school gives students also helps  much. We look uniformly without a poor or rich. It saves much from poverty of putting on rags.

I thank God because of such a privilege. Amen!

Hierdie veertien mans en twee dames is oppad om in hierdie wêreld 'n verskil te maak vir Jesus Christus.

Nuwe inname van studente (D.V) op 25 Julie 2014

Daar is 'n ongekende belangstelling in hierdie Bybel Kollege: vanaf Chitipa (heel noord  Malawi) het 20 aansoek gedoen maar dit is onseker hoeveel sal opdaag.

Dan is daar aansoeke van kleiner groepe van verskillende plekke veral van plekke waar uitreike gehou is. Heelwat voorbereiding  moet getref word om almal te akkomodeer. Meer beddens en matrasse word benodig. Om nie te praat van die massa kos nie. ( met 54 studente vanjaar, het ons 250kg mielies per week  gebruik plus die bykosse!) Dan kry elke nuwe student 'n Bybel in sy moedertaal sowel as Engels. Hulle is veronderstel om hul eie beddegoed te bring, maar party kom hier aan met net die klere aan sy lyf.


2. Mosambiek -Kampus.

Pastoor Blessings sê dat baie mense in doodsgevaar verkeer a.g.v die onluste. Sommige onskuldige mense het reeds gesterf. In die omgewing van die Bybelkollege is dit nog rustig. Laat ons bid dat die Renamo en Frelimo-parteie by mekaar mag uitkom om geskille by te lê. Sporadiese aanvalle is nou toegespits op SAVE Brug omgewing.

Ons is baie dankbaar dat Hoopstad gemeente begin Augustus 'n groep vrywilligers stuur om die woonhuis klaar te maak en om 'n boorgat te laat boor. Hulle is ook van plan om die hoofgeboue 'n stoot te gee. Ons loof die Here vir jul betrokkenheid en sien baie daarna uit om 'n stukkie skaapvleis saam met julle te eet.

Ons dank die Here vir:

1. Fred en Hannetjie Kinnear wat hoofsaaklik ingestaan het vir die eerste helfte van die jaar.
2. Die mooi gesindheid van die studente.
3. Die samewerking van oud-studente met die lesings.
4. Die aanvaarding van die gemeenskap.
5. Die donasies van die Jesus-film apparaat.  - Baie mense kom tot die lig d.m.v die film
6. Duisende kinders wat elke Maandag oggend bereik is.
7. Die geleenthede in die gevangenis en in die hospitaal.

Staan asb vas in gebed vir:

1. Opvolg uitreike na Karonga.
2. Finansies vir die tweede helfte van die jaar.
3. Die nuwe innname van studente (D.V) 28 Julie.
4. Die Pretorius familie wat (D.V) vanaf 28 Julie in Malawi sal wees.
5. Die 16 nuwe pastors wat in die oeslande van die Here ingestuur word. Dat elkeen van hulle op die plek sal kom waar die Here God hulle nodig het.
6. Ondersteuners om hierdie mense te help wat vooraf moet begin om kerke te plant. (NET EEN DUISEND RAND 'N MAAND EN 'N FIETS) Kontak my asb. indien die Here u lei om so in Sy Koninkryk te belê.
7. Rev. Stephen Kirkman van Amerika wat moontlik September die Mosambiek kampus gaan besoek.
8. Vrede in Mosambiek.

Mag die Vader van die ligte gee dat ons wysheid mag bekom.

Groete in Christus
Peet.