Goeie dag almal.
Soos julle weet gaan ons elke jaar in die Junie / Julie skoolvakansie op 'n uitreik na Mosambiek. Vanjaar se datum is van die 5de tot die 13de Julie. Die koste hieraan verbonde is R1000p/p. Hierdie uitnodiging is nie net van toepassing op die kinders nie. As daar ouers is wat voel dat hulle ook wil deel wees van die uitreik is u meer as welkom om saam te gaan.
Indien daar persone is wat wil saam gaan maar nie finasieel in staat is nie moet u asb vir Wallis of vir Dr. Nelius kontak sodat ons kan soek vir borge. As daar van u is wat 'n finansiële bydrae wil maak is u welkom om dit vir my of Dr Nelius te gee, alternatiewelik dit in die Kerk se rekening in te betaal gemerk Mosambiek-Uitreik. Elke bydrae word opreg waardeer.
Die uitreik gaan nie maar net om vir die kinders te wys hoe lyk dit op 'n sendingstasie in 'n ander land nie. Daar leer almal om saam te werk, te deel, te speel en te bid. Hierdie is 'n unieke geleentheid vir u kind om eerstehands, in 'n veilige omgewing besig te wees met Koninkrykswerk.
Maak asb seker dat julle paspoorte in orde is. Daar is nog tyd vir die wat wil saamgaan maar wie se paspoorte verval het of nog moet aansoek doen vir een, maar dan moet julle gou spring. Normale wagtyd vir 'n paspoort wissel tussen 2 tot 3 weke.
Daar sal eersdaags 'n vergadering gereël word met almal wat wil saamgaan. Hou die pers dop.
Dankie vir elke ouer se belangstelling en betrokkenheid sovêr.
Groetnis
James Wallis