SOLA SCRIPTURA BYBELKOLLEGES
TERUGVOERING HOOPSTAD UITREIK
7 AUGUSTUS 2014
Liewe Gebedsvriende
Baie dankie dat u saam bid vir die werk van die Here by hierdie kolleges en vir die huidige uitreik deur die ondersteuners van Hoopstad en Francois Swart.
Francois het vandag per sms laat weet dat hy en Ds Peet nog steeds in Catandica is. Hulle help met die bouwerk wat met verlede jaar se uitreik begin is. Die werk is te veel vir twee bakkies. Ds Peet en Francois beplan om, DV, more-oggend vroeg (08 Augustus) na Malawi te vertrek en, op die laaste, Maandag die 11de deur te gaan na Tanzanië. Hulle neem mielies saam aangesien die aankoop-prys in Mosambiek gunstiger is, maar om vir 70 en meer studente te voorsien, is nog geld nodig om deur te kom.
Dankgebede en Versoeke
- Dank die Here vir veilige reis na Catandica.
- Tree asb in vir Ds Peet en Francois vir beskerming, gesondheid en krag, veilige reis na Malawi en Tanzanië en dat daar geen probleme by grensposte sal wees nie.
- Vra dat God, wat in elke behoefte ryklik voorsien, oorvloedige fondse vir al die baie behoeftes sal laat inkom.
- Bid dat hulle in die beperkte tyd genoeg vordering in Tanzanië sal maak en dat die owerhede tevrede sal wees.
- Onthou om asb ook in te tree vir die beskerming van almal op die uitreik se familie en belange tuis. (Jes 54:17).
Mag die Here u ryklik vergoed vir u aandeel aan hierdie groot werk deur u gebede en ondersteuning.
Namens Ds Peet, Heila en die Uitreikspan.
Bankbesonderhede vir Malawi
Naam van Rekening: Sola Scriptura Foundation
ABSA Tjekrekening
No: 4078 426 111
Takkode: 632005