WONDERBOOM SENIORS AKSIE
Die Wonderboom Seniors Aksie het op Woensdag 17 Augustus 2011 weer sy gereelde maandelikse byeenkomste na die winterreses hervat. By die geleentheid het ds Erika Boshoff met die 43 seniors gesels oor die onderwerp om weer soos ‘n kind te wees wat bereid is om risiko’s te loop. Haar diepgaande maar tog ook humoristiese aanbieding het almal teenwoordig stof tot nadenke gegee en is baie goed ontvang.
Na ds Erika se gesprek het almal weggelê aan ‘n heerlike ligte maaltyd, nagereg en koffie. En dan het almal gedoen wat by hierdie byeenkomste die beste gedoen word - om te kuier en te gesels! Hier word ons vriende wat mekaar se belange op die hart dra. Die klem by al die byeenkomste is op sosiale verkeer.
Daar word gepoog om beurtelings ‘n spreker oor relevante onderwerpe of ‘n kunstenaar (sang/musiek) by die byeenkomste te laat optree.
Die volgende byeenkoms vind op Woensdag 21 September om 11:00 in die kerksaal plaas. Kom gerus - daar is plek vir alle senior lidmate.
Bel Mitzi du Toit 012 567 7771 of e-pos by mpdutoit@vodamail.co.za