Weereens wil ons vra dat julle ernstig en met brandende harte sal bid vir ons en die Yao mense!

Ons beplan om weer ‘n 30 dae van intense gebed te begin.   Soos wat ons self begin dink aan Kersfees laat ons díe onthou wat nog nooit die waarheid van Jesus gehoor het nie!  Díe wat verlore is en vêr van God lewe!

As julle dalk wil saambid, laat ons asb weet deur op die epos te antwoord.  Ons sal elke week 7 dae segebedsversoeke uitstuur.  Ons kan regtig voel dat die druk hier toeneem!  Daar is baie tekens dat die mense steeds oop en gretig is om die Waarheid aan te hoor, maar ook baie tekens dat daar wel opposisie en selfs vervolging aan die kom is.  Selfs in ons eie lewens was die afgelope paar maande nie maklik nie.  Staan asb saam met ons voor die Troon van Genade en smeek God vir genade teenoor die Yao volk.

Ons beplan om saam te bid van 25 November tot 25 Desember.

Ons hoop dat julle saam sal intree vir die Yao.  Laat ons asb weet of jul wil saambid!

Groete in Jesus Naam

Alfred en Belinda en seuns.