Een van die hoogtepunte die jaar was ons uitreik na Italië toe.  Ons het vir die eerste week in Torre Peliche gebly by OM (Operasie Mobilisasie) se standplaas.  Dit is ’n groot sending-organisasie en ons het by een van hulle uitreike ingeval.  Dit was ’n ‘kids camp’.  Ons het elke dag met die kinders gewerk en vir hulle die evangelie oorgedra op unieke maniere.  Daar was mense wat saam ons gewerk het van oral uit die wêreld, nl. Engeland, Finland, Nederland, Taiwan, Amerika.  Dit was ’n groot belewenis om met so baie mense van verskillende plekke af te werk en almal is daar om God se Woord te verkondig.  Toe die kamp klaar was, het ons meer gefokus op die geskiedenis van die ou kerke.  Ons het geleer van die Waldensiese beweging; ons was by die oorsprong waar dit begin het en ook die museum.  Voordat ons terug gekeer het huis toe, was ons vir 2 dae in Rome – die belangrikste stad van die destydse wêreld -, ons het die Colloseum, Vatikaan en die Ruïnes besoek.  Dit was ’n “Amazing” belewenis!

Daarna was ons vir ’n week Nelspruit toe waar ons by verskillende skole gaan werk het.  Ons het “CSV” pouses met hulle gehad en ook ’n program by die kerk aangebied.  Ons was ook na ’n kleuterskool vir minder bevoorregtes,  waar die oorgrootte meerderheid van daardie kindertjies ly aan MIV/Vigs.  Ons het ook programme vir hulle aangebied en met hulle gespeel.
Tussendeur moes elkeen van ons ’n preek uitwerk.  Dit was maar om bietjie te leer van “public speaking” en om te leer hoe om met gemak voor mense te praat.  Ons het later die preek in NG Skuilkrans gaan lewer.  Verder is ons maar besig met ons weeklikse program.  Ons het klaargemaak met ons 2de Teologie kursus van Tukkies.  Ons gee nog klas vir Gr. 2s, help by Crux (naskool), help uit by Kruisweg en Night Church (plek vir haweloses),  en het sessies met ons mentors waar ons verskillende goedjies leer soos jou paradigma/perspektief op die lewe, ens.  Ons verkoop nog baie pannekoek tussendeur omdat ons moet geld terug werk na Italië.

Ons was T.O. Strand toe vir n groot tiener kamp.  Dit is naby Port Edward. Daar was altesaam 315 tieners en 70 leiers.  Dit was nogal ’n uitdaging.  Ek was verantwoordelik vir 4 girls vir wie ek  ’n mentor moes wees, ons het saam gebly en gewerk deur die week. Dit was vreeslik uitputtend, maar dit het baie goed gegaan, dit was ’n onvergeetlike kamp.  Ek moes ’n bloedskenk-basis reël vir die kamp, sodat die wat kon, uit 315 bloed, kon skenk.  Ek was eers bang dat ek dit nie gereël sou kry nie, want dit was kort kennisgewing, maar dit was ook ’n groot sukses, daar was ten minste 80 mense wat bloed geskenk het (die ander was te jonk).  Elke persoon wat bloed geskenk het, het 3 babatjies se lewens gered.
Direk na die seekamp was ons Warmbad toe vir ’n paar dae.  Ons het by Hoërskool Warmbad al die LO (Lewens Oriëntering) periodes gekry, van Gr. 8-12.  Ons het ook die laaste aand ’n “Tiener Bash” gehou.  Dit het vreeslik goed gegaan.  Ons het ons eie stories en getuienisse gebruik om die kinders te bereik en dit het baie goed gewerk. Hulle het oopgemaak en baie met ons gedeel.  Daar is baie seer in van hulle lewens en ons kon sien hoe God deur ons werk.  Selfs nou waar ons terug in PTA is het ons nog kontak met hulle en hou aan om daar vir hulle te wees.  Persoonlik het dit vir my baie beteken. Ek het self baie geleer.

Die jaar is amper op sy einde,  daar’s nog ’n paar verrassings wat voorlê, die afsluitingskamp en nog baie pannekoek-verkope wat moet plaasvind.  Alles begin stadig, maar seker klaarmaak.  Ons het nog 3 weke se Gr. 2 klassies om aan te bied oor.  Ons het nog ’n paar projekte by NG Kameeldrif oor, en kursusse wat ons gaan bywoon by die kerk.

Nelspruit

image001.png

T.O. Strand Tiener Kamp

image003.png

 

Bloed skenk

image005.png

 

Warmbad LO-klas

Groete
Elané