Wonderboom NG gemeente is besig met ‘n fondsinsamelingprojek. Ons samel ou en/of gebreekte rekenaars, rekenaar-parte en enige ander komponente soos skerms, muise, sleutelborde en drukkers in. Ons maak dit dan reg en verkoop dit om ons fondse te steun.
Hoe kan jy help?
Indien jy ‘n ou of gebreekte rekenaar het wat nie meer gebruik word nie, bring dit Sondae kerk toe, of deur die week (tussen 08h00 en 15h00) na die kerkkantoor toe, of kontak vir Ashton van Niekerk (078 718 6659 of prysdieheer@gmail.com).
Vra ook asseblief jou familie en vriende of hulle kan help en veral ook by jou werksplek.
Die rekenaars hoef nie in ‘n werkende toestand te wees nie. Indien ons dit nie kan regmaak nie, kan dit van onderdele gestroop word, sodat ander rekenaars daarmee reggemaak kan word.
Indien moontlik, gee asseblief ook enige sagteware of dokumentasie wat saam met die rekenaar hoort.
Enige van die volgende items kan ook gebruik word:
|
|
|