Dit is met groot opgewondenheid in ons harte en dankbaarheid teenoor Abba dat ons graag die volgende met julle deel:
Kerk |
Klub |
AB's |
Pathways |
CEIM |
Andranomena. |
150 |
1500 |
|
Miary. |
300 |
300 |
|
Ambalanomby (3 Klubs) |
200 |
2000 |
|
Betanie |
100 |
1000 |
|
Belemboka |
50 |
500 |
|
Ambohitsibo |
100 |
1000 |
|
Sakaraha |
100 |
1000 |
FAKRI |
Ampasikibo (3 klubs) |
150 |
1500 |
|
Tulear |
300 |
3000 |
|
Bezaha (2 Klubs) |
150 |
1500 |
ASSEMBLEÈ DE DIEU |
Mahavatse. |
100 |
1000 |
|
Tsinengea. |
80 |
800 |
FA-JKM |
Amborogony. |
200 |
2000 |
|
Besasavy (2 klubs) |
200 |
2000 |
|
Tulear. |
200 |
2000 |
|
Totaal: |
3430 |
34300 |
Daar is 570 AB’s en 5,700 Pathways by die CEIM kerk gelaat onder beheer van Past. John, wie die boeke op aanvraag sal versprei soos wat die klubs groei en die leiers dit sou benodig.
Hierdie reserwe voorraad sal uit Tana aangevul word soos wat die behoefte ontstaan.
Ons wys graag daarop dat die boeke aan die onderskeie klubleiers persoonlik oorhandig is en ons in besit is van volle kontakbesonderhede van elkeen. Dit stel ons in staat om van tyd tot tyd hulle persoonlik op te volg. Die boeke wat uitgegee is, was slegs om onmiddelike behoeftes aan te spreek, en het nie voorsiening gemaak vir toekomstige groei nie! Ons het reeds persoonlike besoeke gebring aan twee klubs, wat ons toegerus het met Bybels, en het persoonlike onderhoude gehad met die res van die klubleiers en hulle kerkleiers. Ons is tevrede met die samestelling en modus operandi van die onderskeie klubs en dat dit in ooreenstemming is met Hope For Kids se riglyne.
Die nuus waaroor ons die meeste opgewonde is, is as volg:
Sedert Nov. 2014 tot op hede het die jeugklubs gegroei VAN 12 KLUBS TOT 21 KLUBS EN DIE LEDETAL VAN 760 TOT 3430. GOD IS ONMEETLIK GROOT, SY GENADE IS ONBEPERK! ALLES WAT ASEM HET, PRYS HOM!!!
Verder het ons medewerker in Tulear ( Esther ) haar EE 111 toerusting gebruik om elke Sondag die blindes te bedien en het sy sedert Nov. 2014 reeds 28 blinde kinders in oorgawe gelei. Haar klub vir blinde kinders het gegroei tot 37 kinders. Sy gebruik ook haar kennis in ons bediening onder die dakloses van Tulear en omgewing. Daar is reeds ń gereëlde byeenkoms op Vrydae met ń bywonertal van 45 persone. In ons gevangenisbediening wat ook deur haar behartig word, het sy nog twee bewaarders opgelei in EE111. Daar is enige tyd tussen 21 en 30 vrouens in die gevangenis. Sy het ń verdere 17 vrouens in oorgawe gelei en sommige van hulle het as gereddes die gevangenis verlaat om ń verskil te maak in hulle leefwêreld. Ons glo dat ons nog getuienisse van hulle sal hoor!! Daar is tans nege jeugdiges in aanhouding wat almal deur haar in oorgawe gelei is. Prys die Here!
Ons medewerker Eveline in Morombe, wat vir ons van strategiese belang is in die bereiking van die Mikea, berig as volg:
Sy het haar EE111 toerusting in praktyk gestel en die Evangelie met 87 persone gedeel waarvan sy 70 in oorgawe gelei het! Agt (8) het die Evangelie verwerp en 5 is nog onseker en word deur haar opgevolg. Vier was geloofversterkings.
Sy het twee selgroepe gestig- in verskillende woonbuurte in Morombe - wat weekliks vergader.
Intussen is daar behoefte vir nog opleiding deur die deelnemende kerke uitgespreek asook deur die FJKM kerk in Tulear. Ons gebed is dat God ń deur sal oopmaak vir hierdie behoeftes en ons begin reeds beplan vir twee seminare in September 2015.
Ons hoop dat julle ook bemoedig sal word deur die vrug wat ons hier sien op die saad wat deur julle gesaai is! Ons dank God vir julle en die EE111 toerusting. Aan Hom al die eer!!
Vrede vir julle!
Mede in Sy diens : Nic, Tina en span!