1. Lief en Leed. – deel met mekaar met die oog op getuienis, bemoediging, voorbidding en bo alles eer aan die Allerhoogste God.

2. Ingenooi in God se rus en tyd – vind rus in Sy teenwoordigheid. Beleef die werklikheid hiervan en bid saam.

3. Luister na God se Woord. Lees Matteus 28:18 – 20. Deel in jou groep julle indruk ten opsigte van hierdie gedeelte met mekaar.

4. Luister na mekaar en die Wêreld – so dikwels voel ons verlore en alleen. En dan weeet ons nie eintlik onder wie se gesag ons nou veronderstel is om te staan nie. Maar danksy die doop hoef ons nie so te voel nie. Gesels oor die doop, die ware betekenis daarvan (ook wat dit vir jou persoonlik beteken). Beskou ons dit as deel van die kerklike tradisie of dalk selfs ‘n gewoonte of ‘n mooi gebaar? Bespreek dit onder mekaar.

5. Luister nou weer na God se Woord – lees weer Matteus 28:19. Wat wil hierdie vers ons kom leer oor ons doop en watter verskil moet dit in ons lewens maak? Eindig ons verantwoordelikheid as ons klaar gedoop is? Wat sê hierdie vers ten opsigte van ons verantwoordelikheid? Is daar slegs ‘n sekere groep of hoeveelheid mense wat Jesus se dissipels kan wees of gemaak moet word?

6. Fokus op wat God doen – Hierdie gedeelte bevestig hoe groot God se genade is. Hy laat ons doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Gesels oor die volgende punte:
⦁    Die Vader se sorg vir ons
⦁    Die Seuns wat ons verlos het
⦁    Die Gees wat ons totaal nuut maak.

7. Antwoord met jou lewe – laat ons elke dag leef as Koningskinders wat gedoop is, aan Hom alleen behoort en onder Sy gesag staan.

8. Bid nou saam. – oor dit waarin die Heilige Gees julle lei.