1. LIEF EN LEED – deel met mekaar lief en leed met die oog op gebed.
2. INGENOOI IN GOD SE TEENWOORDIGHEID – raak rustig by God en bid saam.
3. LUISTER SAAM NA GOD SE WOORD – LEES OPENBARING 1:4-8. Wat tref jou van hierdie gedeelte? Gesels saam oor die gedeelte en gee elkeen ‘n kans om te deel wat hom/haar tref.
4. LUISTER NA MEKAAR EN DIE WêRELD – ons hoor daagliks in ons omgang met mense hoe die kerk van die Here Jesus in vandag se tyd gekritiseer word. Wat dink julle is geregverdigde kritiek op die kerk, en wat nie? Wat is die bydrae van kerklidmate tot die oorsprong van kritiek? Hoe moet ons as lede van die kerk van die Here kritiek hanteer?
5. LEES WEER UIT DIE WOORD, OPENBARING 1:4-8. Vandat die Christelike kerk van die Here Jesus Christus gebore is in Handelinge, tot vandag toe, het die kerk nog altyd worsteling met haarself en die wêreld beleef. In Openbaring wil die Romeinse keiser Domitianus die Christene dwing om voor hom te buig en te bely dat hý die Here is! Indien hulle weier, word hulle wreed vervolg en boet met hulle lewe. Die toekoms lyk hier donker vir die kerk! So is dit deur die eeue, en selfs Martin Luther het by geleetheid swaarmoedig geraak oor die kerk. Vandag nog gaan die kerk deur moeilike tye. Ons ontplof van kennis, maar kom die wysheid kort wat begin met die dien van die Here. Ons voel dikwels of ons ‘n damwal wil en moet ophou, wat dreig om weg te spoel. Ook binne die kerk is verskille oor Skrifbeskouing. Mense sê selfs jy hoef nie kerk toe te gaan nie, en nie deel van die kerk te wees om hemel toe te gaan nie. Ons moet bely; ons straal ook nie self altyd van entoesiasme nie, en leef en praat self asof God afwesig is. Oor hierdie selfde redes moes die ge-meentes in Openbaring nou opnuut hóór, en gló, en dit gaan uitlééf dat GOD LEWE, EN DAT JESUS LEWE, EN DAT HY REGEER AAN DIE REGTERHAND VAN GOD!! God is die een wat ís, en wat wás, en wat kom. Die Begin, Einde, Alfa, en Omega! Die Almagtige! (vers 8). Lees weer wat sê VERS 5 ! Wat beteken die inhoud van vers 5 vir ons? VERS 4 is nét so belangrik! Die 7 Geeste voor God se troon simboliseer God se volkome teenwoordigheid by ons, wat sy kerk is! Jesus Christus staan self hiervoor as waarborg, as die geloofwaardige getuie van vers 5. Die kerk sal leef en blý leef, omdat die Here leef, en omdat die Here deur die Heilige Gees in sy kinders leef! Die kerk is God se kerk, behoort aan Hom! Daarom groet die Here die kerk hier in Openbaring met verse 4 en 5, let op, met die toe-segging van GENADE, VREDE, TEENWOORDIGHEID BY ONS, EN WAARBORGE! HY KOM WEER! (v 7) God is nie afwesig, of staties, of stadig nie. Dit is óns wat so onbeweeg-lik is! Ons is tevrede om in ‘n gestolde verhouding met die Here te leef. Gered, en nou reg vir die hemel…. Ons leef verby daaglikse bekering, en herlewing, en vernuwing. Ons lééf dit nie dat Jesus lééf nie! En dat Hý heers, aan die regterhand van God. Ons moet saam daaroor nadink, en doelbewus besluit om weer voluit te lééf, die lewe in oorvloed, wat die Here gee! Dit is om weer te lééf, saam met Jesus wat lééf! En om te heers saam met Jesus wat heers! Om elke dag te leef met die verwagting van wat God besig is om te doen, gaan doen, en om meegevoer te word saam met Hom! Bekering laat ons nie opvaar nie, maar neem ons sáám met die Here, na die wêreld toe! Dáár leef ons vir Hom, en saam met Hom!
6. FOKUS OP WAT GOD DOEN – lees weer Openbaring 1:4-8 en gesels nou oor WAT GOD DOEN!
7. BID NOU SAAM VIR ONS ROEPING IN HIERDIE WêRELD AS KERK VAN DIE HERE. GAAN ANTWOORD MET JOU LEWE, WAT JY LEEF IN HIERDIE WêRELD, SAAM MET DIE HERE!