1. Lief en leed
Deel met mekaar julle lief en leed en wat jou die week en met Sondag se erediens getref het.

2. Ingenooi in God se rus en tyd
Raak rustig en ontspan in die heerlike teenwoordigheid van die Here.

3. Luister na God se Woord
Lees Markus 10:13-16 en 1 Petrus 2:9+10 in stilte ‘n eerste maal deur. Daarna kan iemand dit hardop voorlees.

4. Luister na mekaar en die wêreld
Onsekerheid is deel van die lewe en elke mens ken onsekerheid. Deel met mekaar wat dit is of wie dit is wat mense in vandag se tyd en omstandigheid onseker maak. Wat is daar wat jou onseker maak? Wat maak die kinders en jongmense van vandag onseker?

5. Luister nou weer na die Woord
Kyk nou weer na ons twee skrifgedeeltes. In die eerste gaan dit daaroor dat kinders welkom by God is en dat niemand hulle mag verhinder om na God te kom nie. Inteendeel, ons moet hulle na God bring! In die tweede gaan dit oor die identiteit van kinders van God. Baie van die dinge wat ons en hulle onseker maak, is dat ons nie werklik besef wie ons in Jesus Christus is nie, of dat ons nie leef vanuit ons identiteit as kinders van God nie. 1 Petrus 2:9+10 sê vir ons dat ons deel is van ‘n “uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig”. ‘n Nuwe volk van God aan wie Hy barmhartigheid bewys het!

6. Fokus op wat God doen
God het ons, wat vroeër onder sy oordeel sou staan; slawe van die sonde was en uitgelewer aan die bose en ons eie sondigheid was, sy kinders gemaak. Ons het nou die reg en voorreg om sy kinders te wees – deel van sy volk en sy eiendom! Wat beteken Hy het ‘n absolute aanspraak op ons! Ons behoort nou aan die Here! Hy het ons gekies om syne te wees! Dit beteken dat ons in ‘n lewende verhouding met Hom staan. Hy het ons ook gekies (geroep) om van sy liefde en goedheid te getuig – te vertel en te wys Wie God ons Vader is!

7. Antwoord met ons lewe
Die beteken dat Hy aan ons ‘n spesifieke identiteit kom gee: Ons is ‘n “koninklike priesterdom” wat beteken koningskinders en priesters – mense wat onder die heerskappy van Jesus lewe en ander mense dien – hulle nader trek aan God – ook kinders! Ons is vir God afgesonder om te vertel van Hom – getuies! Ons het dus die taak en verantwoordelikheid om God se liefde en goedheid in hierdie wêreld uit te dra! Ons hoef dus nie onseker te wees oor wie en wat ons is nie. Ons is kinders van God wat aan Hom behoort, by wie Hy altyd is. Hy versorg ons, help ons en troos ons en ons getuig (woorde en dade) van sy goedheid en versorging; van sy vergifnis en verlossing. Kom ons besef dan wie ons in Jesus is en gaan lewe so dat medemens en geliefde ook aangeraak kan word deur God se liefde, vanuit die manier waarop ons lewe!

8. Bid nou saam
Sê in gebed vir die Here dankie vir wat en wie ons is – Koningskinders wat mekaar en ander in sy Naam moet dien en ook kinders en jongmense na Hom moet bring. Bid vir die kategete en jeugleiers asook die onderwysers en elke ouer wat ons kinders nader aan God se wil en liefde moet trek.