1. Lief en leed
Deel met mekaar julle lief en leed en wat jou die week en met Sondag se erediens getref het.

2. Ingenooi in God se rus en tyd
Raak rustig en ontspan in die heerlike teenwoordigheid van die Here.

3. Luister na God se Woord
Lees Matteus 10:16-25 in stilte ‘n eerste maal deur. Daarna kan iemand dit hardop voorlees. Luister aandagtig – dit is ‘n moeilike gedeelte om te verstaan.

4. Luister na mekaar en die wêreld
Gesels oor vandag se politieke kwessies. Dienslewering in die land, die saak van die 94 mense in inrigtings wat oorlede is en wetsontwerpe – bv. Die wetsontwerp t.o.v. haatspraak en rassisme wat onlangs opgestel is. Ook oor die nuwe president van Amerika Donald Trump en die rigting wat sy leierskap kan inslaan. Hoe dink julle oor politiek en wat dink julle behoort ons as Christene se houding en optrede hierteenoor te wees? En t.o.v. mense van ander gelowe?

5. Luister nou weer na die Woord
Kyk nou weer na ons skrifgedeelte. Matteus gebruik verskillende metafore om Christene se verhouding met en houding in die wêreld uit te beeld. Skape en wolwe, slange en duiwe... Die gedeelte begin met ‘n waarskuwing [herinnering] dat ons hoewel in die wêreld, nie van die wêreld is nie. En dat Christene onreg en onregverdigheid, teenstand en selfs vervolging sal beleef. Christene sal vals beskuldig word en konflik, verwerping en selfs haat beleef. Die vraag is hoe ons dit moet hanteer?

6. Fokus op wat God doen
Jesus vestig ons aandag daarop dat dieselfde [en erger!] met Hom gebeur. En dat dit eintlik ‘n geleentheid is om van Hom te getuig. Hy verseker ons dat die Heilige Gees ons sal bystaan en help om dit te kan doen. So word die verleentheid van verdrukking die geleentheid tot getuienis oor God!

7. Antwoord met ons lewe
Ons het die verantwoordelikheid om versigtig en opreg te wees. Versigtig soos slange – want ons leef in moeilike tye tussen gevaarlike kwessies en mense, en opreg soos duiwe – want ons volg een norm en dit is die wil van ons Here Jesus Christus. Daaraan moet ons altyd getrou bly. Dit vra dat ons met geloofsonderskeiding sal lewe – onsself voortdurend sal afvra wat vir God aanneemlik en volmaak is  - wat voor God reg is en hoe ons behoort te antwoord op die wêreld en alles wat daarmee gepaard gaan. Hoe ons positief, getrou en liefdevol moet bly, selfs onder die moeilikste omstandighede. Soekend na die leiding van die Heilige Gees, terwyl ons in Jesus se Naam ‘n positiewe verskil in hierdie wêreld maak op elke vlak van die lewe.
 
8. Bid nou saam
Sê in gebed vir die Here dankie dat ons aan Hom behoort. Vra sy leiding en insig oor ons houding en optrede ten alle tye – ook in moeilike situasies t.o.v. politiek en ander gelowe in hierdie land. Vra Hom dat Hy ons die fokus op sy wil sal gee en die woorde wat Hom tot eer sal wees en van Hom en sy wil sal getuig, sodat selfs situasies wat vir ons sleg is, geleenthede vir God sal wees om sy wil te laat geskied. Bid ook vir die nasionale en internasionale leierskap – dat hulle [en ons] saam God se wil sal soek en sal doen!