1. LIEF EN LEED – deel julle lief en leed met mekaar ter wille van getuienis en gebed.
2. INGENOOI IN GOD SE TEENWOORDIGHEID – waardeer God se teenwoordigheid en ook mekaar se teenwoordigheid en bid saam hieroor. Deel jul verwagtinge met mekaar.
3. LUISTER NA GOD SE WOORD – LEES 2 TIMOTEUS 3:14-17. Wat val jou onmiddelik op uit die gedeelte? Deel dit met die groep.
4. LUISTER NA MEKAAR EN DIE WêRELD – Watter waarde het die Woord van God vir jou in jou alledaagse lewe? Hoe ervaar jy die sekulêre wêreld se siening van die Woord van God? Hoe laat jy die Woord van God “grondvat” in die wêreld waarin jy beweeg en leef?
5. LUISTER NOU WEER NA GOD SE WOORD – LEES WEER 2 TIMOTEUS 3:14-17. Dink veral na oor die tema: LEES, LEEF, EN VERSPREI DIE WOORD VAN GOD. Ons moet eers self in die Woord van God wees. Dan kan ons die Woord van God uitleef. Dan sal ons ook die passie hê om die Woord van God te versprei! Die gemeente moet ook “saam leef” in die Woord van God om saam God se wil vir ons te ontdek. So kan ons ook aansluit by God se sending in hierdie wêreld. Hierdie hele proses vind plaas onder inspirasie van die Heilige Gees omdat die hele Skrif deur God geïnspireer is! Lees weer vers 16 se eerste deel. Behalwe dat ons die Woord LEES, en die Woord van God LEEF, moet ons óók die Woord van God VERSPREI! Dit is God se wil. Dit is God se opdrag! LEES nou FILIPPENSE 2:15-16. Ons moet in hierdie wêreld optree as ligdraers van die Here. HOE? Vers 16 sê “…deur die woord van die lewe uit te dra.” Ons dra die Woord uit met woord en daad. Getuienis, dade, en Bybelverspreiding.
Tot waar moet ons dit uitdra? LEES Handelinge 1:8. Gesels saam daaroor. Hoe kan ons dit doen? In 2 TESSALONISENSE 3:1 sê Paulus dat ons moet bid. Waarvoor moet ons bid? Kyk mooi: “…sodat die woord van die Here vining mag versprei en oral oorwin….”! Die woord “vining” dui op dringendheid ten opsigte van Bybelverspreiding! En ons weet Paulus sê ook in 2 TIMOTEUS 2:9 “…die woord van God kan nie geboei word nie.” Ons kan die Woord soos ‘n veldbrand laat versprei as ons gehoorsaam is aan die Heilige Gees. Hebreërs 4:12 sê die Woord is lewend en kragtig,….skerper as enige swaard. 1 Petrus 2:25 sê dit bly vir ewig! Daarom kan ons in hierdie wêreld gaan “veg” met die Swaard van die Gees, dit is die Woord van God, sê Efesiërs 6:17. Wat doen jy doelbewus om die Woord van God te versprei? Gesels daaroor. Wanneer ons in ROMEINE 1:16 lees dat die Evangelie ‘n krag van God is tot redding vir elkeen wat dit glo, dan kan ons as gelowiges nie anders nie, as om ‘n passie te hê om God se Woord te versprei ! Om dit ook DRINGEND te versprei ! Lees ROMEINE 10:15 saam. Lees nou weer 2 TIMOTEUS 3:16. Watter 4 GROOT WAARDES het die Skrif vir ons volgens die vers? BESPREEK DIT. Wat is volgens vers 17 die gevolg daarvan? Wat beteken dit vir jou?
6. FOKUS OP WAT GOD NOU WIL DOEN, DEUR JOU , EN ANTWOORD DAAROP MET JOU LEWE – GESELS saam oor hoe ons meer die Woord kan lees, en leef, en versprei ! Raak betrokke by die Bybelverspreiding projekte van die gemeente. Ons versprei ook Bybels na Mosambiek, en deur die Bybelwa, en Bybelgenootskap, en saam met die Gideons.
7. BID NOU SAAM – vir bogenoemde aksies en ons EIE uitdra van die Woord. Bid dat ons SELF in die Woord sal wandel, dit sal uitleef en dit persoonlik sal versprei!
8. GESELS SAAM OOR DIE GROEP SE DIENSBEURTE EN EIE SOSIALE PROGRAM.