1.    LIEF EN LEED – deel met mekaar lief en leed t.w.v. bemoediging, dankbaarheid en gebed.

2.    RAAK RUSTIG IN GOD SE TEENWOORDIGHEID – en bid saam vir die byeenkoms.

3.    LUISTER NA GOD SE WOORD – LEES JESAJA 43:1-7 en PSALM 139:1-18, en 23-24. In Jesaja 43 praat die Here deur die profeet met sy volk. Vers 1 praat van Jakob en Israel. Die Here maak sy volk se kinders bymekaar van die ooste en die weste af (vers 5). Van die noorde en die suide (vers 6). Maar die Here praat ook met die individue van die volk. Elke persoon op die naam! Vers 7 sê “..elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.” Jesaja 43:1-7 praat dus ook met jou persoonlik. Psalm 139 beklemtoon ook die persoonlike verhouding wat God met jou het, of wil hê. Die eerste vers beklemtoon dit al: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my”. Die hele Psalm praat is die eerste persoon: “ek” en “my”. Die Here…en ek. Wat beteken dit vir jou? GESELS SAAM.

4.    LUISTER NA MEKAAR EN DIE WêRELD – wat beteken dit vir jou dat God jou op jou naam ken en alles van jou weet? Watter vrymoedigheid gee dit vir jou? Dink die wêreld hoofsaaklik aan ‘n persoonlike of ‘n onpersoonlike god? Hoe kan ons die wêreld “oortuig” dat die lewende en ware God met ons in ‘n persoonlike verhouding leef, of wil leef?

5.    LUISTER NOU WEER NA GOD SE WOORD – LEES WEER JESAJA 43:1-7 EN PSALM 139:1-18 EN 23-24. Wat het met die eerste oogopslag vir jou persoonlik baie betekenis? Die Here het als van ons geweet vóór ons enige iets van Hom weet. Hy ken jou naam! Hy handel met jou op jou naam.  NB:   HY LEEF MET JOU OP JOU NAAM! - LEES JESAJA 43:1! Hy ken jou naam, en jy behoort aan Hom! Elke mens wil van geweet wees. Die Here weet alles van jou omdat Hy jou skep en liefhet. Moet nooit klein dink oor hierdie wete nie. God kom na jou, persoonlik. PSALM 139 verse 1-6 praat van God se alomteenwoordigheid by jou. Dit oorweldig die skrywer in vers 7. Dit is onmoontlik om van die Here af weg te kom!...sê verse 8-12. Hy het jou te lief, om jou te los! Daarom verander dit van vers 13 af. Die Psalmskrywer kry ‘n rustigheid en openheid by die Here. Vrymoedigheid. LEES VERSE 13-18. God het die wonderlikste gedagtes en planne vir jou!...vers 17. Persoonlik! Hy kom leef met jou op jou naam! Hy is nou nie meer die hoorsê God waarvan Job gepraat het nie. Jy staan verwonderd oor sy Vaderliefde! Dit bring jou by die oorgawe van vers 23. LEES VERS 23. Dit bring jou ook by die nuwe toewyding van vers 24. LEES VERS 24. Daarom dat Jesaja 43:5 sê: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou,.” 

Jy kan nie méér van geweet wees as dít nie! Of jy in diep water is, of in vuur, vers 2, God is by jou! Hý is die Here, jóú God!...sê vers 3. Hou vas aan vers 4: Jý is vir Hom kosbaar. Hy ag jóú hoog. Hy het jóú lief!      HY LEEF MET JOU OP JOU NAAM!

6.    FOKUS NOU OP WAT GOD DOEN!....volgens bogenoemde bespreking uit die Woord van God.

7.    ANTWOORD MET JOU LEWE – LEES WEER PSALM 139:23-24. Gee jouself weer met nuwe oorgawe en toewyding aan die Here.

8.    BID SAAM SOOS DIE GEES ONS LEI – DEUR DIE WOORD, en ons oordenking daarvan.

9.    REELINGS – bespreek diensbeurte en ander sake van belang.