1. Lief en leed – deel met mekaar julle lief en leed vir bemoediging en voorbidding.
2. Ingenooi in God se rus en tyd – vind rus in sy teenwoordigheid en bid saam.
3. Luister na God se Woord – Lees Romeine 8:31-39 saam deur. Laat elkeen in die groep ‘n kort opsomming gee van hoe hy/sy dit verstaan.
4. Luister na mekaar en die wêreld – Waarvan kan ons in die lewe seker wees?
5. Luister nou weer na God se Woord – die inhoud van ware sekerheid word in die teks beskryf. Watter boodskap kry ons hieruit?
6. Fokus op wat God doen – Hy verseker ons dat niks ons van sy liefde kan skei nie, en dan bevestig Hy dit ook met die nagmaal!
7. Antwoord met ons lewe – Leef as gelowiges wat weet dat niks ons van sy liefde kan skei nie!
8. Bid nou saam - oor dit waarin God die Heilige Gees ons lei.