1. LIEF EN LEED – deel met mekaar jul lewe vir getuienis, bemoediging en voorbidding vir geloofsversterking en eer en dank aan God!

2. INGENOOI IN GOD SE RUS EN TYD – raak rustig in God se teenwoordigheid en bid saam.

3. LUISTER NA GOD SE WOORD – lees saam 1 KORINTIERS 11:23-29. Deel met mekaar jou belewenis van die afgelope Sondag se Nagmaal. Wat het dit vir jou persoonlik beteken?

4. LUISTER NA MEKAAR EN DIE WêRELD – gesels saam oor die volgende: Het die nagmaal vir jou meer betekenis as ‘n erediens sonder die nagmaal, of het dit vir jou dieselfde betekenis?

Dink jy die nagmaal is belangriker as die Woordverkondiging, of dink jy dit is ewe belangrik?

Hoekom dink jy sal ons dikwels meer moeite doen om ‘n nagmaaldiens by te woon as ‘n erediens sonder nagmaal?

5. LUISTER WEER NA GOD SE WOORD – lees weer 1 Korintiërs 11:23-29. Ons vra dikwels of ons “waardig” is om die nagmaal te gebruik. Juis omdat dit die fees van my verlossing en vergifnes is, beteken dit dat niemand uit homself waardig is nie, maar date k in Christus deur God waardig geag word. Daarom is dit so belangrik om met die regte gesindheid aan te sit by die nagmaal. Gesindheid van sondebelydenis, en dankbaarheid vir die Here se vergiffenis. Dan kan ek beleef dat die nagmaal ‘n WAARBORG is wat my verseker dat ek deel het aan Christus, sy lyding, sterwe, en opstanding tot die nuwe lewe! GESELS daaroor - Wat beteken dit vir jou? dit laat my die nagmaal met vreugde vier. Dit is ‘n VREUGDEFEES! Ek smaak nou reeds die versekerde toekoms wat ek by God het! GESELS daaroor – dink jy nie ons vier die nagmaal met te veel erns en te min vreugde nie? die nagmaal is juis ‘n fees van ons dankbaarheid vir ons verlossing in Christus! ‘n DANKBAARHEIDSFEES! Ons word deur die Heilige Gees in die brood en wyn verseker van ons redding wat ons in Christus deelagtig is. GESELS saam oor jou dankbaarheid. Ons vier ons verlossing tot eer van God! Maar ons doen dit veral ook saam! Daarom is dit ‘n GEMEENSKAPSMAAL. Gemeenskap met die lewende Here, en met mekaar, as familie van die Vader! Ons Vader! Ons kan nie by die nagmaal aansit sonder broers en susters in die Here nie.Die Here kom met sy familie na die tafel toe. Ons moet so opgewonde oor mekaar wees as wat die Here Jesus oor ons almal is! GESELS saam oor wat dit vir jou beteken om deel van God se familie te wees met Hom as Vader. En dan vier ons juis saam as familie ons verlossing in Hom en is die nagmaal ‘n GEDAGTENISMAALTYD. Lees weer verse 24-26. Elke keer tot gedagtenis aan die Here en sy versoeningswerk vir ons.Ons oordink dit saam, vier dit saam, beleef dit saam Ons getuig saam oor ons toekoms wat verseker is by God! Die nagmaal is ‘n sigbare GETUIENIS van my TOEKOMSVERWAGTING. Vers 26 sê ons verkondig daarmee die dood van die Here TOTDAT HY KOM! Wat beteken dit vir jou om verseker te wees van jou toekoms by God? GESELS saam oor die verskil wat dit daagliks in jou lewe moet maak.

6. FOKUS OP WAT GOD DOEN – die Here bring in die nagmaal jou toekoms tot by jou! Leef uit die sekerheid van jou toekoms!!

7. ANTWOORD MET GEBED EN MET JOU LEWE – bid saam oor die betekenis van die nagmaal en ons geloofsversterking daardeur, en gaan leef die waarheid daarvan uit in hierdie wêreld!