Baie mense tree eerlik op net omdat hulle bang is hulle word uitgevang.
Eerlikheid en integriteit lê egter baie dieper as dit.
‘n Toesighouer in ‘n kantoor het haar boekhoudster beveel om sekere verslae effens te wysig.
Die boekhouer het geweier en die toesighouer het gevra:
“Vertel jy nooit ‘n leuen nie?”
Vir baie mense het eerlikheid ‘n deug geraak wat in onbruik verval het.
Dit is net ‘n morele oorblyfsel van vroeër.
Eerliheid en integriteit is meer as net om te weier om ‘n leuen te vertel.
Dit is ook om te praat wanneer dit verkeerd sou wees om stl te bly.
Dit is ook om die beste vir mense te doen, selfs ten koste van jouself.
Dit is ook om dieselfde persoon te wees wanneer niemand jou sien,
of weet wat jy doen nie.
Dit is om bewustelik in God se teenwoordigheid indie waarheid te leef en op te tree.
Fil. 4:8 stel dit so:
“Verder, broers, alles wat waar is…watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees –
daarop moet julle julle gedagtes rig.”
Sa’ad is ‘n Egiptiese Christen.
Hy woon in een van Kaïro se rommelareas.
Hy maak rommel bymekaar en verkoop dit.
Eendag het hy ‘n baie duursame horlosie opgetel.
Hy kon dit verkoop en ‘n beter lewe vir hom en sy familie hê.
Hy kon redeneer dat God die horlosie op sy pad gebring het om hom te help.
Maar hy het nie…
Hy het die eienaar opgespoor en dit aan hom terugbesorg.
Sa’ad leef as ‘n Christen die wil van God uit.
Eerlikheid en integriteit is vir hom ononderhandelbaar.
Hoe eerlik en met hoeveel integriteit leef ek?
Jesus is die waarheid!
‘n Volgeling van Hom leef voor Hom in die waarheid!
Ernest