Ons word elke dag vertel van hierdie of daardie held.
Mense wat ons wil navolg en applous gee.
Dan ontdek ons later baie van hulle het ook voete van klei.
‘n Vrou sê sy is nie gelowig nie.
Daarom kyk sy nie op na ‘n Bybelfiguur nie.
Maar in die chaos waarin die wêreld tans is,
het ons ‘n sterk leier nodig om na vore te tree….sê sy.
Laat jou dink.
Wie se voorbeeld moet ons volg?
Op wie moet ons staatmaak?
Hoekom vra ons dit nog?
Asof ons besluit het Jesus is die voorbeeld,
maar ons wil dit nog nie voluit doen nie.
Dalk is ons versigtig om Jesus se voorbeeld voluit te volg.
Ons onthou immers dat Hy moes sterf vir waarvoor Hy staan!
Is ons bang om te sterf in onsself,
om te word wie ons vir Hom moet wees?
Ons gaan immers almal sterf.
Waarvoor gaan jy sterf?
Wanneer Jesus sy dissipels roep, sê Hy baie duidelik wat sy doelwit is:
“Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
Matteus 4:19.
Hierin stel Jesus vir ons die voorbeeld.
Met sy hele lewe.
Hulle volg Jesus na, en vandag is miljoene mense Christene.
Hulle is God se kinders.
Jesus se voorbeeld het gewerk!
Daarom kan jy met jou hele lewe Jesus met oorgawe volg.
Hy het uit die dood opgestaan en lewe,
omdat Hy getrou aan die Vader se wil is.
Hy is deur die Vader verhoog tot die ereplek by Hom.
Jy gaan dikwels val.
Maar staan weer en weer op, en volg Jesus!
Hy sal jou beloon vir jou lewe vir Hom.
Ware lewe wat jy nou reeds vir Hom kan leef.
Jesus is die enigste ware navolgingswaardige voorbeeld vir ware lewe.
Ernest