God se genadige voorsiening in jou lewe hou nooit op nie.
Hy weet wat jy nodig het, en gee dit.
Let op, Hy weet wat jy nodig het, en gee dit.
Matteus 6:32:
“Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.”

Indien jy agter elke onverwagte gebeure in jou lewe sou kon kyk,
sou jy verbaas staan om te sien hoe wonderlik die Here voorsien.
George Müller het ‘n weeshuis in Bristol in Engeland gehad, waar hy 2000 kinders versorg het!
Een aand het hulle geweet daar is geen kos vir die volgende oggend nie.
Die personeel het saamgekom en gebid.
Na verskeie gebede het hulle opgestaan en die Here geloof dat Hy sou voorsien.
Die volgende oggend kon hulle nie die deure van binne af oopstoot nie.
Hulle het na ‘n ander agterdeur gegaan, en om die gebou geloop.
Die voordeur was totaal versper en toegepak, met groot kartondose vol voedsel.
Een van die personeellede het uitgeroep:
“Ons weet Wie dit gestuur het!
Ons weet net nie wie dit afgelewer het nie!”

God sorg en voorsien deur mense.
Geestelik en materiële gawes.
Ons sien nie altyd sy hand agter dit raak nie, maar dit is Hy!
Ons kan gerus wees in die wete dat ons Hemelse Vader weet wat ons nodig het.
Hy voorsien in wat ons nodig het!
Hy gee nie alles wat ons wil hê nie!

Ernest