Al die positiewe emosies wat die mens kan beleef,
kan met een woord saamgevat word, naamlik liefde!
Net liefde maak jou ‘n heel mens, en laat jou ook so voel.
Liefde is so belangrik dat dit God se wese omskryf!
1 Joh. 4:8,16 sê:
“Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde…
God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.”

Hoe kan ek my liefde en liefdesbesef meer en meer ontwikkel?
Stel jouself al hoe meer oop vir die Here.
‘n Hart wat deurgaans bewus is van God se teenwoordigheid,
tree nie sommer liefdeloos op teenoor God of mense nie.
So ‘n hart leef dankbaar die liefde uit wat dit self van God ontvang en ervaar.
Wanneer die Here in jou hart is,
is jou geluk nie in die eerste plek afhanklik van mense en hul erkenning nie.
Jy weet verseker dat God jou reeds liefhet.
Jy deel daarom God se liefde onvoorwaardelik uit.
Dit maak jou ‘n mens met lewensvreugde en geluk.

Jy kies vir God.
Daarom kies jy vir liefde.
Al verwerp mense jou liefde, bly jy liefde uitdeel.
Jy tree steeds in liefde op, want jy weet dit is wat God doen.

Ernest