Kan ‘n mens uitgebrand raak in jou dienswerk vir die Here?
Kan jy jou ooreis in jou toewyding om mense te help?
Ja, jy kan.
Deur by so baie mense betrokke te wees en oral te probeer help,
kan jy die punt bereik dat jy dit net nie meer kan hanteer nie.
Natuurlik is ons as kinders van die Here daartoe geroep,
om mense te help in hulle nood,
om by hartseer betrokke te wees, om te gee.
Dit is belangrik dat ‘n gewillige hart deur ‘n wyse verstand beheer word.
Ons moet mekaar hierin help.
Staan mede-Christene by in hul roeping.
Help mekaar om te onderskei en te doen.
Wend vermoeë, hulpbronne, en tyd op so ‘n manier aan dat dit volhoubaar is.
Moenie alles self probeer doen nie.
Dit is wat Moses gedoen het.
Dit is wat Moses se skoonpa hom mee help in Eks. 18:17 en verder:
“Maar Moses se skoonpa sê vir hom:
“Jy maak nie reg nie. Jy en al hierdie mense by jou sal totaal uitgeput raak.
Die werk is te veel vir jou. Jy kan dit nie alleen behartig nie.”
Van vers 19 af help Moses se skoonpa hom dan om ‘n hele plan te implimenteer.
Mense om hom te help in sy werk vir die Here.
Besef jou menslike tekortkominge.
Tree met wysheid op.
Die Here vra nie van jou om jou uit te brand vir Hom nie.
Om byvoorbeeld aan die een kant heeltyd met dienswerk besig te wees,
en aan die ander kant jou gesin te verwaarloos nie.
Vra die Heilige Gees vir onderskeidingsvermoë.
Dien die Here met wysheid, energie en passie.
Doen dit volhoubaar.
Jy kan nie die Here met uitbranding dien nie.
Ernest