Een stormagtige nag het ‘n man en sy vrou in ‘n klein hotel ingegaan.
Hulle het ‘n kamer gevra vir skuiling teen die storm.
Die hotel was egter vol, maar die klerk het aangedring
daarop dat die egpaar sy eie kamer neem.
Die klerk se naam was George C. Boldt.
Die egpaar het gehuiwer, maar die klerk het by die egpaar aangedring:
“Ek kan u nie eenuur in die nag in die reën uitstuur nie.
Oornag verseker in my kamer.”
Die volgende oggend het die egpaar hul rekening vereffen,
en die man het aan die klerk gesê:
“Jy is die bestuurder wat die grootste hotel in die VSA behoort te bestuur.
Dalk sal ek eendag een vir jou bou.”
Die klerk het net geglimlag.
Na ‘n paar jaar het die klerk ‘n brief ontvang.
In die brief is hy herinner aan daardie stormagtige nag en wat gebeur het.
Die klerk is gevra om ‘n besoek aan New York te bring.
‘n Retoer vlugkaartjie was ingesluit.
Toe die klerk in New York aankom het die man hom ontmoet,
en hom na die hoek van 5de Laan en 34ste Straat geneem.
Op daardie hoek was ‘n baie mooi nuwe gebou opgerig.
“Dit is die hotel wat ek laat bou het”, het die man gesê.
“Jy kan dit vir my bestuur.”
Die hoteleienaar was die multi-miljoenêr William Waldorf Astor.
Daardie hotel was die oorspronklike Waldorf-Astoria Hotel.
Die klerk was getrou in die klein hulpverlening en dien van mense.
Hy is, sonder verwagting, beloon vir sy getrouheid.
Ons moet nooit dit wat ons vir die Here doen onderskat nie.
Die Here vertel ‘n gelykenis oor die seën daarin,
en sê dan in Lukas 19:17:
“Omdat jy in ‘n saak van min belang getrou was,
kry jy nou die bestuur oor tien stede.”
Die klein dade aan alle mense is vir die Here belangrik.
Ons moet dit ook sonder verwagting en getrou bly doen.
Ons doen dit van harte vir die Here, en nie vir mense nie. – Kol. 3:23.
Ernest